1959
Voorkoms
| 1959 |
| ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1954 | 1955 | 1956 | 1957 | 1958 | ◄ 1959 ► | 1960 | 1961 | 1962 | 1963 | 1964 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Sien ook: Kategorie:1959 |
| Colin Steyn, oorlede 23 April 1959 | ||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||
Die jaar 1959 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 59ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – In Kuba word Fulgencio Batista deur Fidel Castro omvergewerp.
- 3 Januarie – Alaska word die 49ste deelstaat van die Verenigde State.
- 4 Januarie – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 1 vlieg verby die maan.
- 3 Maart – Die onbemande Amerikaanse ruimtetuig, Pioneer 4 word lanseer.
- 9 Maart – Die wêreld se topverkoper-pop, Barbie, word vir die eerste keer in New York verkoop.
- 10 Maart – Die Tibetaanse opstand in Lhasa.
- 9 April – Nasa kondig die Mercury Sewe aan.
- 25 April – Die eerste persoon, wat nou erken word as ’n pasiënt met VIGS, word in ’n hospitaal opgeneem.
- 4 Mei – Die eerste Grammy toekennings aangekondig.
- 8 Junie – Die vuurpylaangedrewe vliegtuig North American X-15 voltooi sy nooiensvlug.
- 21 Augustus – Hawaii word die 50ste deelstaat van die Verenigde State.
- 7 Oktober – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 3 neem die eerste foto’s van die agterkant van die maan.
- 16 November – Tydens die eerste toets van die Excelsior-projek spring Joseph Kittinger op 'n hoogte van 23 300 m uit 'n gondel, en oorleef dit.
- 30 Desember – USS George Washington, Amerika se eerste ballistiese kernaangedrewe duikboot, word in diens gestel.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Onbekend – Marc Tritsmans, Vlaamse digter.
- 22 Januarie – James Phillips, alias Bernoldus Niemand, Suid-Afrikaanse rocksanger en liedjieskrywer († 1995).
- 31 Januarie – Anthony LaPaglia, Australiese akteur, vervaardiger en skrywer.
- 3 Februarie – Chan Santokhi, Surinaamse politikus.
- 8 Februarie – Mauricio Macri, Argentynse ingenieur, sakeman, politikus en staatspresident (2015 – 2019).
- 8 Februarie – Steve Swart, politikus en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Afrika Christen Demokratiese Party.
- 14 Februarie – Renée Fleming, Amerikaanse operasopraan.
- 11 Maart – Nina Hartley, Amerikaanse porno-aktrise.
- 16 Maart – Tito Mboweni, agtste Goewerneur van die