Gaan na inhoud

Aartappelbaars

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Aartappelbaars
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Subfamilie: Epinephelinae
Genus: Epinephelus
Spesie:
E. tukula
Binomiale naam
Epinephelus tukula
(Morgans, 1959[1])
Verspreidingskaart

Die aartappelbaars (Epinephelus tukula) is 'n vis wat voorkom in die Indo-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by die Aliwal-bank langs Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Potato bass.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]
'n Aartappelbaars word deur 2 vissies (Labroides dimidiatus) skoongemaak.

Die vis se kop en lyf is grys met verskeie donker vlekke wat wyd uitmekaar is. Die vlekke is groter as die oë en hulle vorm is rond, ovaal of langwerpig. Daar is swart kolletjies op die vinne wat kleiner is op die bekken en anale vinne. Die vis word tot 2.2 m lank en 300 kg swaar.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die vis leef in koraalriwwe in water wat 10 – 230 m diep is terwyl die onvolwassenes in getypoele leef. Die vis is gebiedsgebonde en is nie bang vir skubaduikers nie, derhalwe is daar 'n verbod geplaas op die skiet van die visse deur spiesduikers.

Die vis is nie 'n gewilde eetvis nie.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "ITIS Standard Report Page: Epinephelus tukula" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2018. Besoek op 26 Augustus 2008.

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]