Gaan na inhoud

Hulp:Gesagsbeheer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Gesagsbeheer is 'n metode wat in databasisse en biblioteekkatalogusse gebruik word om aan 'n bepaalde onderwerp 'n unieke identifiseerder toe te ken. Baie Wikipedia-artikels bevat onderaan die bladsy skakels na gesagslêers, wat die onderwerp van die artikel aan bibliografiese rekords, musiekdatabasisse en ander inligtingsbewaarplekke verbind.

Databasisse gebruik gesagsbeheer om tussen onderwerpe met dieselfde naam te onderskei, en om aan 'n onderwerp met meer as een naam een enkele identifiseerder toe te ken. Onder die bekende gesagslêers tel die International Standard Name Identifier (ISNI), die Virtual International Authority File (VIAF), die Library of Congress Control Number (LCCN) en die Gemeinsame Normdatei (GND). WorldCat is 'n wêreldwye koöperatiewe gesamentlike katalogus wat die versamelings van 72 000 biblioteke in 170 lande en gebiede katalogiseer. Sien {{Gesagsbeheer}} vir 'n volledige lys van die gesagslêers wat Wikipedia ondersteun.

Vir bydraers

[wysig | wysig bron]

Plaas {{Gesagsbeheer}} onderaan 'n bladsy om die eksterne skakels na internasionale biblioteekkatalogusse te vertoon. Skakels hierheen wys watter bladsye die sjabloon reeds gebruik.

Sien ook

[wysig | wysig bron]