Mombasa
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Provinsie | Coast |
| Koördinate | 04°03′S 39°40′O / 4.050°S 39.667°O |
| Stigting | 11de eeu |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 220 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 50 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2019) | 1 208 333 |
| - Bevolkingsdigtheid | 5 492/vk km |
| Tydsone | UTC+3 (OAT) |
| Burgemeester | Abdullswamad Shariff Nassir |
| Amptelike webwerf | mombasa.go.ke |
Mombasa is 'n kusstad van Kenia aan die Indiese Oseaan. Die stad staan bekend as die wit-en-bloustad weens sy geboue se kleurskema. Mombasa is die land se oudste (ongeveer 900 n.C.) en die naasgrootste stad ná die hoofstad Nairobi, met 'n bevolking van 1 208 333 volgens die 2019-sensus. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 295 km² en sy metropolitaanse gebied is die naasgrootste in die land en het 'n bevolking van 3 528 940.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]
In 1498 het die Portugese ekspedisie onder Vasco da Gama die huidige Mombasa bereik. Ná 1593 was dit die sentrum van Portugese kolonies aan die Oos-Afrika-kus en in 1638 het dit 'n kolonie van Portugal geword.
In 1698 het die stad onder die beheer van die heerser van Oman gekom. In 1837 het die stad onder die sultan van Zanzibar se beheer geval.
In 1875 is Fort Jesus, wat deur die Portugese in Mombasa gebou is, deur twee Britse kanonbote aangeval. Ná 'n artilleriegeveg is die fort bestorm en die tydperk van Britse heerskappy in Oos-Afrika het begin.[1][2]
Vervoer
[wysig | wysig bron]
Mombasa is die belangrikste hawe van Kenia, sowel as die beginpunt van die Mombasa-Nairobi-Kisumu-spoorweg, vanwaar die lyn na die grens met Uganda loop.
Daar is 'n internasionale lughawe wat Moi heet. Dit is genoem na die voormalige Keniaanse president Daniel arap Moi. Die lughawe is op 'n hoogte van 61 meter bo seevlak geleë en het twee aanloopbane: aanloopbaan 1 is 3 350 meter lank en aanloopbaan 2 1260 meter.[3]
In populêre kultuur
[wysig | wysig bron]- In die fliek "Out of Africa" is Mombasa 'n plek waar Europeërs deur die Suezkanaal reis.
- "One-Way Ticket to Mombasa" is 'n Finse dramarolprent uit 2002 wat deur Hannu Tuomainen geregisseer is.[4]
- Die meeste van die gebeure in die roman "Consummation in Mombasa" deur die Moskouse skrywer Andrei Goesev uit 2017 vind plaas in Mombasa en die nabygeleë Mtwapa-distrik.[5][6][7]
- Mombasa is'n gewilde liedjie en musiekvideo met dieselfde naam "Mombasa" (2020) deur Jabali Africa.[8]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Fort Jesus, man's first racial and religious melting pot". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2024. Besoek op 27 November 2024.
- ↑ (en) "Mombasa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2023. Besoek op 4 September 2023.
- ↑ (en) "Mombasa – Moi Int´l Airport (MBA/HKMO)". Virtual Globetrotting. 26 Mei 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2014. Besoek op 23 Augustus 2014.
- ↑ Menolippu Mombasaan in die Internet-rolprentdatabasis
- ↑ (ru) "Review of "Consummation in Mombasa"". Union of Writers of Moscow. 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2020. Besoek op 5 November 2020.
- ↑ (ru) ""Consummation in Mombasa". Lady’s Club. 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 9 Junie 2020.
- ↑ (ru) Andrei Goesev (2017). "Консуммация в Момбасе". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2020. Besoek op 4 Augustus 2020.
- ↑ (en) ""Mombasa" (original title)". YouTube. 17 Julie 2020. Besoek op 10 September 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mombasa.- (en) Toerisme-inligting oor Mombasa op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf van Mombasa
- (en) "Mombasa". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 April 2026.


