Vergifnis

Vergifnis is, in 'n sielkundige sin, die doelbewuste en vrywillige proses waardeur iemand wat voel dat hulle verontreg, benadeel of seergemaak is, hulle gevoelens en houding teenoor die oortreder verander en die uitwerking van die oortreding oorkom, ook negatiewe emosies soos wrok of 'n begeerte na wraak.[1]
Teoretici verskil oor die mate waarin vergifnis ook beteken dat die negatiewe emosies deur positiewe houdings vervang word (byvoorbeeld 'n groter vermoë om die oortreder te verdra),[2][3][4] en of dit versoening met die oortreder vereis.[5]
Verskillende mense en kulture vertolk vergifnis op baie maniere.[6] As sielkundige begrip en as deug is die plig om te vergewe en die voordele van vergifnis in godsdienstige denke, die etiek, die sosiale wetenskappe en die geneeskunde ondersoek. Die meeste wêreldgodsdienste bevat leerstellings oor vergifnis, en baie daarvan lê die grondslag vir verskeie moderne tradisies en praktyke van vergifnis.
Op sielkundige vlak verskil vergifnis van bloot oorsien (om 'n daad as skadelik te beskou, maar dit om sekere redes van "naasteliefde" te "vergewe" of daarvan weg te kyk), van verskoon of kwytskeld (om die oortreder bloot van verantwoordelikheid vir sy dade te onthef) en van vergeet (om te probeer om die herinnering aan 'n oortreding uit te wis). In sommige denkrigtings behels dit 'n persoonlike en "vrywillige" poging om die eie helfte van 'n verhouding te omvorm, sodat 'n mens weer vrede vind en ideaal gesproke by wat die sielkundige Carl Rogers "onvoorwaardelike positiewe agting" teenoor die ander genoem het, uitkom.[2][7]
In baie kontekste word vergifnis sonder enige verwagting van herstellende geregtigheid geskenk, en dit kan geskenk word sonder dat die oortreder enigsins reageer ('n mens kan byvoorbeeld iemand vergewe met wie daar geen kontak moontlik is nie of wat dood is). In die praktyk kan dit nodig wees dat die oortreder die skade op een of ander manier erken, byvoorbeeld deur om verskoning te vra, of uitdruklik om vergifnis vra, voordat die verontregte persoon glo dat hy of sy kan vergewe.[2]
Aard van vergifnis
[wysig | wysig bron]In 2006 was daar in die navorsingsliteratuur nog geen eenstemmigheid oor 'n sielkundige definisie van vergifnis nie. Daar is ooreenstemming dat vergifnis 'n proses is, en verskeie modelle wat die proses van vergifnis beskryf, is gepubliseer, ook een uit 'n radikaal behavioristiese oogpunt.[8]
Robert Enright van die Universiteit van Wisconsin-Madison het die International Forgiveness Institute gestig en vergifnisstudies begin. Hy het 'n prosesmodel van vergifnis in twintig stappe ontwikkel.[9]
Volgens dié model moet die slagoffer, om iemand te vergewe, die onreg wat hy of sy gely het, ondersoek, asook wie dit veroorsaak het en in watter konteks dit gebeur het; die woede daaroor, enige gepaardgaande skaamte of skuldgevoel en die uitwerking daarvan op hom of haar oorweeg; besluit of hy of sy na 'n houding van vergifnis wil vorder, en indien wel, aan begrip, deernis en aanvaarding werk en 'n versoeningsgebaar teenoor die oortreder maak; en daarna die manier waarop hy of sy die ervaring om verontreg te word en vergifnis te ontwikkel, onthou, herformuleer om dit gesond in sy of haar lewensverhaal te integreer.
'n Longitudinale studie het getoon dat mense wat oor die algemeen meer neuroties, kwaad en vyandig in die lewe was, minder geneig was om iemand anders te vergewe. Twee en 'n half jaar ná die oortreding was hulle meer geneig om die oortreder te vermy en wraak te wil neem.[10]
Studies toon dat mense wat vergewe, gelukkiger en gesonder is as dié wat wrok koester.[11] Die eerste studie oor hoe vergifnis die liggaamlike gesondheid verbeter, het bevind dat die werking van die kardiovaskulêre stelsel en die senuweestelsel verbeter wanneer mense daaraan dink om 'n oortreder te vergewe.[12] 'n Ander studie het bevind dat hoe vergewensgesinder mense was, hoe minder hulle aan 'n wye reeks siektes gely het. Minder vergewensgesinde mense het meer gesondheidsprobleme aangemeld.[13]
Fred Luskin van die Stanford-universiteit, skrywer van Forgive for Good, het bewyse voorgelê dat vergifnis aangeleer kan word ('n vaardigheid is wat 'n mens kan leer en oefen) en kragtige, positiewe gevolge vir die gesondheid het. In drie afsonderlike studies, onder meer een met Katolieke en Protestante uit Noord-Ierland wie se familielede gedurende die Troebele vermoor is, het hy bevind dat mense wat geleer word hoe om te vergewe, minder kwaad word, minder seer voel, meer optimisties is, in 'n verskeidenheid situasies meer vergewensgesind word en meer deernis en selfvertroue kry. Sy studies toon 'n afname in die ervaring van stres en in die liggaamlike tekens van stres, en 'n toename in lewenskrag.[14]
In 'n studie in Rwanda oor die diskoerse en praktyke van vergifnis ná die volksmoord van 1994 het die sosioloog Benoît Guillou die wye verskeidenheid betekenisse wat aan die woord "vergifnis" geheg word, en die onderliggende politieke aard daarvan uitgelig. In die bevindinge van die studie het Guillou vier hoofaspekte van vergifnis voorgestel om sowel die toepassings daarvan as die omstandighede waarin vergifnis tot die herstel van sosiale bande kan bydra, duideliker te maak.[15]
Wat vergifnis nie is nie
[wysig | wysig bron]Vergifnis hoef nie in te sluit dat 'n mens die oortreder se dade goedpraat, vergeet of verskoon nie. Boonop hoef die slagoffer nie die gevoel dat hy of sy verontreg is, af te speel om te vergewe nie, en hoef hy of sy ook nie met die oortreder te versoen nie.[2][14][16] Vergifnis is nie daarop gemik om woede te ontken of te onderdruk nie; dit is eerder daarop gemik om wrok te verwerk.[17][18][14] Dit is veral gesond om negatiewe emosies te erken en uit te druk voordat 'n mens vergewe.[19] Vergifnis verskil ook van aanspreeklikheid of geregtigheid;[20] straf en vergoeding staan los van die keuse om te vergewe, en die slagoffer kan vergewe of nie vergewe nie en steeds straf of vergoeding nastreef.[21][22]
Hoewel 'n slagoffer besluitmatige vergifnis geskenk het (deur nie wraak te soek nie en moontlik te versoen), het hy of sy die oortreder dalk nie emosioneel vergewe nie (deur die negatiewe emosies teenoor die oortreder met positiewe te vervang) of die vergifnis teenoor die oortreder uitgespreek nie. Boonop kan die uiting van emosies verskil van die werklike ervaring daarvan (mense kan dus een emosionele ervaring beweer terwyl hulle eintlik iets anders voel).[22][23] Hoewel daar hewig oor gedebatteer word,[4] word emosionele vergifnis oor die algemeen as iets beskou wat die slagoffer en nie die oortreder nie bevoordeel, tensy die slagoffer besluit om die oortreder te betrek deur die vergifnis teenoor hom of haar uit te spreek of te versoen. 'n Buitestaander kan nie vergifnis skenk nie.[2][14]
Tydsberekening
[wysig | wysig bron]Die sielkundige Wanda Malcolm gee in Women's Reflections on the Complexities of Forgiveness redes waarom vergifnis tyd neem: selfsorg of persoonlike genesing (soos terapie of die behandeling van beserings) kan voorrang geniet; veiligheidskwessies moet dalk eers aangespreek word; en om vergifnis direk ná 'n interpersoonlike oortreding te bevorder, kan voorbarig wees.[19] Malcolm verduidelik: "Voorbarige pogings om vergifnis te bevorder, kan 'n teken wees dat ons huiwerig is om ons kliënt se pyn en lyding aan te skou, en kan onbewus die kliënt se oortuiging versterk dat die pyn en lyding te veel is om te dra en onderdruk of vermy moet word."[19]
Worthington et al. het opgemerk dat "enigiets wat gedoen word om vergifnis te bevorder, weinig impak het tensy daar aansienlike tyd daaraan bestee word om deelnemers te help om hulle vergifnis deur te dink en emosioneel te ervaar".[24][25]
In die filosofie
[wysig | wysig bron]Die filosoof Joseph Butler (Fifteen Sermons) het vergifnis omskryf as "die oorkom van wrok, die oorkom van morele haat, as 'n spraakhandeling en as verdraagsaamheid".[26] In sy lesing "Freedom and Resentment" van 1962 het die filosoof P.F. Strawson vergifnis beskryf as "'n taamlik onmodieuse onderwerp in die etiek" van daardie tyd.[27]
Godsdienstige sienings
[wysig | wysig bron]Godsdiens kan beïnvloed hoe iemand vergewe. 'n Mens kan byvoorbeeld deur godsdienstige bedrywighede, godsdienstige verbondenheid en leerstellings, en navolging na vergifnis toe werk.[28]
Abrahamitiese godsdienste
[wysig | wysig bron]Judaïsme
[wysig | wysig bron]In die Judaïsme word die verontregte persoon aangemoedig, maar nie verplig nie, om te vergewe wanneer iemand skade aangerig het, maar daarna opreg en eerlik om verskoning vra en die onreg probeer regstel:
Dit is verbode om onversetlik te wees en jou nie te laat paai nie. Inteendeel, 'n mens moet maklik versoen word en dit moeilik vind om kwaad te word. Wanneer 'n oortreder om vergifnis vra, moet 'n mens met 'n opregte gemoed en 'n gewillige gees vergewe ... vergifnis is eie aan die saad van Israel.
— Misjne Tora, Teshuvah 2:10
In die Judaïsme moet 'n mens "na dié wat hy benadeel het" gaan om op vergifnis aanspraak te hê.[29] Iemand wat drie keer opreg om verskoning vra vir 'n onreg wat hy teen 'n ander begaan het, het sy plig om vergifnis te soek, nagekom.[30] Dit beteken dat 'n mens in die Judaïsme nie vir onreg wat jy ander mense aangedoen het, van God vergifnis kan kry nie. Dit beteken ook dat moord in die Judaïsme onvergeeflik is tensy die slagoffer die oortreder voor sy dood vergewe het, en dat moordenaars daarvoor voor God sal moet verantwoording doen, hoewel die familie en vriende van die slagoffer die moordenaar vir hulle eie smart kan vergewe. Die Tefila Zaka-meditasie, wat net voor Jom Kippoer opgesê word, sluit soos volg af:
Ek weet dat niemand so regverdig is dat hy nie 'n ander verontreg het nie, finansieel of liggaamlik, deur daad of woord. Dit maak my hart in my seer, want onreg tussen mense en hulle naaste word nie deur Jom Kippoer versoen nie, totdat die verontregte gepaai is. Daarom breek my hart in my, en bewe my gebeente; want selfs die dag van die dood versoen nie sulke sondes nie. Daarom werp ek my neer en smeek ek voor U om my genadig te wees, en my guns, deernis en barmhartigheid in U oë en in die oë van alle mense te skenk. Want kyk, ek vergewe met 'n finale en vasberade vergifnis elkeen wat my verontreg het, aan my persoon of my besittings, selfs as hulle my belaster het of leuens oor my versprei het. So stel ek elkeen vry wat my aan my persoon of my besittings benadeel het, of enige soort sonde begaan het wat 'n mens teen 'n ander kan begaan [behalwe vir regtens afdwingbare sakeverpligtinge, en behalwe vir iemand wat my doelbewus benadeel het met die gedagte "Ek kan hom benadeel, want hy sal my vergewe"]. Behalwe vir hierdie twee vergewe ek almal volkome en finaal; mag niemand ter wille van my gestraf word nie. En net soos ek almal vergewe, skenk my so guns in die oë van ander, sodat ook hulle my volkome vergewe.
Die "beloning" vir die vergifnis van ander is dus nie God se vergifnis vir die onreg wat jy ander aangedoen het nie, maar eerder hulp om vergifnis van die ander persoon te verkry.
Sir Jonathan Sacks, opperrabbyn van die Verenigde Hebreeuse Gemeentes van die Statebond, het dit so saamgevat: "Dit is nie dat God vergewe terwyl mense nie vergewe nie. Inteendeel, ons glo dat net soos slegs God sondes teen God kan vergewe, slegs mense sondes teen mense kan vergewe."[31]
Jode hou 'n Versoendag, Jom Kippoer, op die dag voordat God besluit wat in die komende jaar sal gebeur.[29] Gedurende die Tien Dae van Berou net voor Jom Kippoer vra Jode diegene wat hulle in die afgelope jaar verontreg het, om vergifnis (as hulle dit nog nie gedoen het nie).[29] Op Jom Kippoer self vas en bid Jode om God se vergifnis vir hulle oortredings teen God in die afgelope jaar.[29] Opregte berou word vereis, en omdat God 'n mens slegs die sondes kan vergewe wat jy teen God begaan het, moet Jode ook die vergifnis soek van die mense wat hulle verontreg het.[29]
Christendom
[wysig | wysig bron]
Vergifnis staan sentraal in die Christelike etiek. Anders as in die Judaïsme kan God in die Christendom sondes vergewe wat mense teen mense begaan, aangesien Hy elke sonde behalwe die ewige sonde kan vergewe, en is vergifnis van die slagoffer nie vir verlossing nodig nie.[32] Die gelykenis van die verlore seun[33] is 'n bekende gelykenis oor vergifnis en toon God se vergifnis vir dié wat berou het. Hannah Arendt het gesê dat Jesus "die ontdekker van die rol van vergifnis op die terrein van menslike aangeleenthede" was.[34]
Om oortredings te vergewe, is 'n geestelike werk van barmhartigheid.[35] Die Katolieke Kerk glo aan God se genade van die vergifnis van sonde[36] en dat berou nodig is om dié vergifnis te ontvang.[37]
Volgens die Katolisisme beveel God mense om vergifnis te bid ("En vergeef ons ons oortredinge"), omdat Hy sonde wil vergewe en Hom oor mense wil verbly,[38][39] en om dieselfde rede skenk Hy die genade van berou en gebed.[40] Wanneer God 'n sonde vergewe, vergeet Hy die sonde ondanks sy alwetendheid, en by die besondere en die algemene oordeel sal slegs onvergewe sondes geoordeel word.[41] Wie dié vergifnis op die oomblik van die dood weier, begaan die ewige sonde van finale onboetvaardigheid.[42][43]
In die Katolisisme is daar sakramentele en nie-sakramentele maniere om God se vergifnis van sonde te verkry. Die sakramentele maniere is die doop (wat die erfsonde, alle dagelikse en doodsondes en alle tydelike en ewige straf vergewe), die bieg (wat alle dagelikse en doodsondes en alle ewige straf vergewe), die Eucharistie (wat alle dagelikse sondes vergewe) en die siekesalwing (wat alle dagelikse en doodsondes en alle ewige straf vergewe).[44][45][46] Die nie-sakramentele maniere is die werke van barmhartigheid en volmaakte berou.[47][48]
Werke van barmhartigheid kan ook vir die gedeeltelike vergifnis van die dooies in die vaevuur opgedra word,[49] en gedeeltelike en volle aflate kan onderskeidelik gedeeltelike en volle vergifnis van tydelike straf verkry, hetsy vir die persoon wat dit verkry, hetsy vir die dooies in die vaevuur.[50] Die Apostoliese Pardon is 'n volle aflaat wat Katolieke wat in heiligmakende genade sterf, vir hulleself kan verkry.[51][52] Goddelike vergifnis word as oneindig groter as menslike vergifnis beskou, omdat dit bewarende verlossing kan skenk (soos die Onbevlekte Ontvangenis van Maria[53] en die vrug van die Heilige Kommunie[54]) en sonde deur vergoddeliking kan suiwer.[55]
Pous Benedictus XVI het tydens 'n besoek aan Libanon in 2012 daarop aangedring dat vrede op wedersydse vergifnis gegrond moet wees: "Slegs vergifnis, gegee en ontvang, kan blywende fondamente vir versoening en universele vrede lê."[56] Tydens 'n algemene oudiënsie in 2019 het Pous Franciskus gelowiges aangemoedig om ander te vergewe soos God hulle vergewe: "Ons word vergewe soos ons ander vergewe."[57]
Islam
[wysig | wysig bron]Die Islam leer dat Allah Al-Ghaffur, "Die Al-Vergewende", is en die oorspronklike bron van alle vergifnis (ghufran, غفران). Om met berou vergifnis van Allah te soek, is 'n deug.[58][59]
(...) Allah het vergewe wat gedoen is. Maar wie volhard, sal deur Allah gestraf word. En Allah is Almagtig, in staat om te straf.
— Koran 5:95
Die Islam beveel vergifnis aan omdat Allah vergifnis waardeer. Talle verse in die Koran en die Hadits beveel vergifnis aan. Die Islam laat ook wraak toe tot die omvang van die skade wat aangerig is, maar moedig vergifnis aan met die belofte van 'n beloning van Allah.[60]
Die vergelding vir 'n slegte daad is die gelyke daarvan. Maar wie vergewe en versoening soek, se beloning is by Allah. Hy hou beslis nie van die onregverdiges nie.
— Koran 42:40
Afw (عفو) is 'n ander term vir vergifnis in die Islam; dit kom 35 keer in die Koran voor, en in sommige Islamitiese teologiese studies word dit uitruilbaar met ghufran gebruik.[58][59][61] Afw beteken om 'n fout of oortreding te vergewe of te verskoon. Volgens Muhammad Amanullah[62] spruit vergifnis ('Afw) in die Islam uit drie wyshede voort. Die eerste en belangrikste wysheid van vergifnis is dat dit barmhartig is wanneer die slagoffer of die slagoffer se voog geld in plaas van wraak aanvaar.[63]
Die tweede wysheid van vergifnis is dat dit die eer en aansien van die een wat vergewe, verhoog.[62] Vergifnis is nie 'n teken van swakheid, vernedering of oneer nie.[59] Vergifnis is inteendeel eervol: dit verhoog die verdienste van die vergewer in die oë van Allah en stel die vergewer in staat om die paradys binne te gaan.[62] Die derde wysheid van vergifnis is dat vergifnis volgens geleerdes soos al-Tabari en al-Qurtubi die vergewer vir die sondes boet (kaffarah) wat hy by ander geleenthede in sy lewe begaan het.[59][64] Vergifnis is 'n vorm van liefdadigheid (sadaqat). Vergifnis kom voort uit taqwa (vroomheid), 'n eienskap van godvresende mense.[62]
Vergifnis word ook in die vorm van safh (صفح) beskryf. Die term kan vertaal word as om 'n bladsy om te slaan of om die ander wang te draai. Dit verskyn verskeie kere saam met die terme 'Afw en ghufran.
"Maar as julle vergewe, oorsien en vergeef, dan is Allah waarlik Al-Vergewend, Barmhartigste."
— Soera At-Taghabun 64:14
Bahá'í-geloof
[wysig | wysig bron]In die Bahá'í-geskrifte word hierdie verduideliking gegee van hoe 'n mens ander moet vergewe:
Het die skepsels lief ter wille van God en nie ter wille van hulleself nie. Jy sal nooit kwaad of ongeduldig word as jy hulle ter wille van God liefhet nie. Die mensdom is nie volmaak nie. Daar is onvolmaakthede in elke mens, en jy sal altyd ongelukkig word as jy na die mense self kyk. Maar as jy na God kyk, sal jy hulle liefhê en goed vir hulle wees, want die wêreld van God is die wêreld van volmaaktheid en volkome barmhartigheid. Moet dus nie na die tekortkominge van enigiemand kyk nie; sien met die oog van vergifnis.
— ʻAbdu'l-Bahá, The Promulgation of Universal Peace, bl. 92
Dharmiese godsdienste
[wysig | wysig bron]Boeddhisme
[wysig | wysig bron]Die Boeddhistiese geleerde Donna Lynn Brown sê dat die soort Boeddhistiese vergifnis wat in die Boeddhistiese geskrifte uiteengesit word, verskil van die soort wat in hedendaagse Noord-Amerika geleer word. Die Boeddhistiese geskrifte beskryf 'n relasionele vergifnis wat verdraagsaamheid behels en waarin oortreders vergewe word sodra hulle boete gedoen het.[65] In hedendaagse Noord-Amerika bepleit Boeddhistiese leringe nou individuele vergifnis wat losstaan van die vraag of die oortreder boete gedoen het. Hierdie individualistiese vertolking van Boeddhistiese vergifnis word deur die hedendaagse sielkundige praktyk beïnvloed, asook deur die vermenging van die terme "vergifnis" en "verdraagsaamheid" wanneer tekste vertaal word.[65]
In die hedendaagse Boeddhisme verhoed vergifnis dat skadelike gedagtes 'n mens se geestelike welstand versteur.[66] Die Boeddhisme erken dat gevoelens van haat en kwaadwilligheid 'n blywende uitwerking op ons gees, die karma, het. Die Boeddhisme moedig aan dat gedagtes met heilsamer gevolge gekweek word. "Wanneer ons die wet van karma oordink, besef ons dat dit nie 'n kwessie is van wraak soek nie, maar van mettā en vergifnis beoefen, want die oortreder is waarlik die ongelukkigste van almal."[67] Wanneer wrok reeds ontstaan het, is die Boeddhistiese siening dat 'n mens dit kalm laat gaan deur na die wortels daarvan terug te keer. Die Boeddhisme bevraagteken die werklikheid van die hartstogte wat vergifnis nodig maak, asook die werklikheid van die voorwerpe van daardie hartstogte.[68] "As ons nie vergewe het nie, bou ons aanhoudend 'n identiteit rondom ons pyn, en dít is wat herbore word. Dít is wat ly."[69]
Die Boeddhisme lê baie klem op die begrippe mettā (liefdevolle goedhartigheid), karuna (deernis), mudita (meelewende vreugde) en upekkhā (gelykmoedigheid) as middele om wrok in die eerste plek te vermy. Hierdie oordenkings word gebruik om die konteks van lyding in die wêreld te verstaan, sowel ons eie lyding as dié van ander.
"Hy het my beledig, hy het my geslaan, hy het my oorweldig, hy het my beroof": by dié wat sulke gedagtes koester, sal haat nooit ophou nie. "Hy het my beledig, hy het my geslaan, hy het my oorweldig, hy het my beroof": by dié wat nie sulke gedagtes koester nie, sal haat ophou.
— Dhammapada 1.3-4 (vert. Radhakrishnan)[70]
Hindoeïsme
[wysig | wysig bron]
In die Vediese literatuur en die epiese poësie van die Hindoeïsme heet vergifnis ksama of kshyama (Sanskrit: क्षमा)[73], saam met ander samestellings. Die woord ksama word in Sanskrittekste dikwels met kripa (teerheid), daya (goedhartigheid) en karuna (करुणा, deernis) verbind.[74] In die Rigveda word vergifnis in verse aan die godheid Varuna bespreek, sowel met betrekking tot die een wat verkeerd gedoen het as tot die een wat verontreg is.[75] Vergifnis word as een van die ses kardinale deugde in die Hindoeïsme beskou.
Die teologiese grondslag vir vergifnis in die Hindoeïsme is dat iemand wat nie vergewe nie, die las dra van herinneringe aan die onreg, negatiewe gevoelens, woede en ander onverwerkte emosies wat sy hede en toekoms raak. In die Hindoeïsme moet 'n mens nie net ander vergewe nie, maar ook self vergifnis soek as jy iemand anders verontreg het.[74] Vergifnis moet deur middel van onder meer liefdadigheid, reiniging, vas, rituele en meditatiewe introspeksie by die verontregte persoon en by die samelewing in die breë gesoek word.
Vergifnis word in die Hindoeïsme verder in 'n vroulike en 'n manlike vorm verfyn. Die vroulike vorm word deur Lakshmi (in sommige dele van Indië die godin Sri genoem) gedemonstreer, en die manlike deur haar man, Vishnu.[74] Lakshmi vergewe selfs wanneer die oortreder geen berou het nie, terwyl Vishnu slegs vergewe wanneer die oortreder berou het. In die Hindoeïsme is Lakshmi se vroulike vergifnis wat sonder berou geskenk word, hoër en edeler as die manlike vergifnis wat eers ná berou geskenk word.
In die Hindoe-epos Ramayana word Sita, die vrou van koning Rama, simbolies geprys omdat sy 'n kraai vergewe selfs terwyl dit haar leed aandoen, en later in die werk weer geprys omdat sy dié vergewe wat haar teister terwyl sy in Lanka ontvoer is.[74] Baie ander Hindoe-verhalende tekste bespreek vergifnis met of sonder berou.[76]
Vergifnis is die onderwerp van uitgebreide debatte in die Hindoe-literatuur. In sommige Hindoe-tekste[77] word aangevoer dat sekere sondes en opsetlike dade (soos moord en verkragting) uit hulle aard onvergeeflik is. Hierdie antieke geleerdes debatteer of algehele vergifnis moreel geregverdig is, en of vergifnis misdaad, disrespek en sosiale wanorde aanmoedig en daartoe lei dat mense ander nie ernstig opneem nie.[78]
Ander antieke Hindoe-tekste beklemtoon dat vergifnis nie dieselfde as versoening is nie. Vergifnis in die Hindoeïsme vereis nie noodwendig dat 'n mens met die oortreder versoen nie, hoewel dit versoening nie uitsluit nie. Vergifnis in die Hindoe-filosofie is eerder om deernisvol, teer en goedhartig te wees en die skade wat iemand of iets anders aangerig het, te laat gaan.[79] Vergifnis is noodsaaklik om jouself van negatiewe gedagtes te bevry en op 'n morele en etiese lewe ('n dharmiese lewe) te kan fokus.[74] In die hoogste toestand van selfverwesenliking word vergifnis die wese van 'n mens se persoonlikheid, en die vervolgde persoon bly onaangeraak, voel nie soos 'n slagoffer nie en leef vry van woede (akrodhi).[80]
Ander Hindoe-epiese en antieke literatuur bespreek ook vergifnis, byvoorbeeld:
Vergifnis is deug; vergifnis is offer; vergifnis is die Vedas; vergifnis is die Shruti.
Vergifnis beskerm die asketiese verdienste van die toekoms; vergifnis is askese; vergifnis is heiligheid; en deur vergifnis word die heelal bymekaargehou.
Regverdigheid is die een hoogste goed, vergifnis is die een opperste vrede, kennis is een opperste tevredenheid, en welwillendheid die enigste geluk.
Janak het gevra: "O heer, hoe verkry 'n mens wysheid? Hoe kom bevryding?"
Ashtavakra het geantwoord: "O geliefde, as jy bevryding wil hê, verwerp dan ingebeelde hartstogte soos gif, neem vergifnis, onskuld, deernis, tevredenheid en waarheid soos nektar; (...)"
Djainisme
[wysig | wysig bron]In die Djainisme is vergifnis een van die belangrikste deugde wat Djains moet kweek. Kṣamāpanā, of opperste vergifnis, maak deel uit van een van die tien kenmerke van dharma.[85] In die Djain-gebed (pratikramana) vra Djains herhaaldelik vergifnis van allerlei skepsels, selfs van wesens met een sintuig (ekindriyas) soos plante en mikro-organismes wat hulle dalk benadeel het terwyl hulle geëet en hulle daaglikse bedrywighede verrig het.[86] Vergifnis word gevra deur micchāmi dukkaḍaṃ te sê, 'n Prakrit-uitdrukking wat letterlik "mag al die kwaad wat gedoen is, vrugteloos wees" beteken.[87] Op samvatsari, die laaste dag van die Djain-fees paryusana, sê Djains ná pratikraman die woorde micchāmi dukkaḍaṃ.
As 'n ritueel groet Djains hulle vriende en familie met micchāmi dukkaḍaṃ. Geen private rusie of twis mag ná samvatsari voortgesit word nie, en vriende en familie ver weg word per brief en telefoon om vergifnis gevra.[88]
In hulle daaglikse gebede en samayika sê Djains die Iryavahi sutra op, waarin hulle alle skepsels om vergifnis vra vir wat hulle tydens hulle daaglikse bedrywighede aangedoen het.[89]
Djain-tekste haal Mahāvīra oor vergifnis aan:[90]
Deur prāyaṣcitta (boetedoening) te beoefen, raak 'n siel van sondes ontslae en begaan hy geen oortredings nie; hy wat prāyaṣcitta reg beoefen, verkry die pad en die beloning van die pad, hy wen die beloning van goeie gedrag. Deur om vergifnis te smeek, verkry hy gemoedsgeluk; daardeur verwerf hy 'n vriendelike gesindheid teenoor alle soorte lewende wesens; deur hierdie vriendelike gesindheid verkry hy suiwerheid van karakter en vryheid van vrees.
— Mahāvīra in die Uttarādhyayana Sūtra 29:17-18
Die gedragskode onder monnike vereis dat hulle vir alle oortredings om vergifnis vra:[91]
As daar onder monnike of nonne 'n rusie of twis of onenigheid ontstaan, moet die jong monnik die meerdere om vergifnis vra, en die meerdere die jong monnik. Hulle moet vergewe en om vergifnis vra, paai en gepaai word, en sonder terughouding met mekaar praat. Vir hom wat gepaai is, sal daar sukses (in selfbeheersing) wees; vir hom wat nie gepaai is nie, sal daar geen sukses wees nie; daarom moet 'n mens jouself paai. "Waarom is dit gesê, Meester? Vrede is die wese van die kloosterlewe."
— Kalpa Sūtra 8:59
Ander
[wysig | wysig bron]Hoʻoponopono
[wysig | wysig bron]Hoʻoponopono is 'n antieke Hawaiiaanse praktyk van versoening en vergifnis, gekombineer met gebed. Soortgelyke praktyke is op eilande regoor die Stille Suidsee uitgevoer, onder meer in Samoa, Tahiti en Nieu-Seeland. Tradisioneel word Hoʻoponopono deur genesende priesters of kahuna lapaʻau onder die familielede van 'n liggaamlik siek persoon beoefen. Moderne weergawes word binne die gesin deur 'n familie-oudste of deur die individu alleen uitgevoer.
Algemene erkenning
[wysig | wysig bron]Die behoefte om te vergewe word algemeen erken, maar mense is dikwels onseker hoe om dit reg te kry. In 'n groot verteenwoordigende steekproef van Amerikaners oor verskeie godsdienstige onderwerpe het die Gallup-organisasie in 1988 byvoorbeeld bevind dat 94% gesê het dat dit belangrik is om te vergewe, maar dat 85% gesê het dat hulle hulp van buite nodig het om te kan vergewe. Gereelde gebed is egter nie vir dié doel doeltreffend bevind nie. Die Gallup-peiling het getoon dat die enigste doeltreffende bemiddelaar deelname aan "meditatiewe gebed" was.[92]
Vergifnis was 'n kernmeganisme van programme vir herstellende geregtigheid[93] ná die afskaffing van apartheid in die proses van die Waarheid-en-versoeningskommissie, onder slagoffers en oortreders van die Rwandese volksmoord, in reaksie op die geweld in die Israelies-Palestynse konflik en in die konflik in Noord-Ierland. Dit is in die film Beyond Right and Wrong: Stories of Justice and Forgiveness (2012) gedokumenteer.[94]
Vergifnis word met die teorie van emosie verbind, omdat dit put uit 'n persoon se emosionele verbintenis met 'n situasie. Die meeste mense word op 'n jong ouderdom geleer om vergifnis te verstaan en te beoefen.
In verhoudings
[wysig | wysig bron]
Vergifnis in die huwelik is belangrik.[95] Wanneer twee mense mekaar kan vergewe, dra dit tot 'n gelukkige huwelik by. Vergifnis kan help om te verhoed dat probleme vererger, en kan help om konflik op te los.[96] Afhangende van hoe ernstig die oortreding is, kan maats op verskillende maniere kommunikeer om vergifnis te soek of te skenk.[97]
In uitgaanverhoudings (anders as in huwelike) is paartjies minder geneig om oortredings in die verhouding te erken en meer geneig om mekaar onvoorwaardelik te vergewe en meer begrip vir hulle maats te hê.[97] Wanneer getroude paartjies stry, is hulle geneig om daarop te fokus wie reg en wie verkeerd is.[96]
Merolla het twee soorte vergifnis onderskei: voorwaardelike of indirekte vergifnis en direkte vergifnis.[98]
Direkte vergifnis behels 'n bespreking van die voorval. Die persoon wat vergewe, moet die oortreder reguit en duidelik sê dat hy of sy hom of haar vergewe.
Indirekte vergifnis is daarop gemik om konflik tot die minimum te beperk. Die vergewer sê nie uitdruklik vir die oortreder dat hy of sy vergewe is nie, maar dit word stilswyend verstaan. Dit kan blyk uit taktieke soos humor, oogkontak, 'n drukkie of 'n terugkeer na normale gedrag. Indirekte vergifnis is daarom minder gepas ná 'n ernstige voorval en meer gepas vir kleiner oortredings soos geringe meningsverskille of rusies.[99]
Daar is ook voorwaardelike vergifnis, waarin die oortreder op sekere voorwaardes vergewe word. Die oortreder kan onderneem om hom te weerhou van die gedrag wat moontlik tot die oortreding gelei het, soos om alkohol te drink.
In 'n studie van 2005 het navorsers ondersoek of vergifnis in 'n huwelik belangrik is, veral of dit voor of ná 'n argument plaasvind, en watter rol dit by gebroke beloftes speel. Navorsers het ses komponente gevind wat met vergifnis in die huwelik verband hou: tevredenheid, ambivalensie, konflik, toeskrywings, empatie en toewyding.[96]
Sheldon et al. het 'n studie gedoen waarin hulle sowel getroude as uitgaande paartjies ondervra het oor vorige oortredings in die verhouding, die kommunikasiestrategieë wat gebruik is om vergifnis te skenk, die mate van vergifnis in 'n bepaalde verhouding en hoe tevrede hulle met die verhouding was. Die erns van die oortreding is aan die hand van drie verskillende faktore gemeet en op 'n skaal van erns aangeteken.
Vyf algemene strategieë van vergifnis het na vore gekom en is volgens hoe dikwels hulle gebruik word, gegradeer. Die neiging om te vergewe (hoe geneig paartjies was om te vergewe) is aan die hand van vyf aspekte gemeet en volgens die bereidheid van paartjies om in te stem om te vergewe, gegradeer, en die tevredenheid met die verhouding is met Hendrick se Relationship Assessment Scale gemeet. Die studie het getoon dat die neiging om te vergewe by getroude maats positief verband hou met die gebruik van strategieë wat die oortreding afmaak en nieverbale strategieë van vergifnis. Wat die erns van die oortreding betref, het die waarskynlikheid van vergifnis nie met die gebruik van enige bepaalde vergifnisstrategie verband gehou nie.[100]
In uitgaanverhoudings het die neiging om te vergewe positief gekorreleer met die gebruik van nieverbale en uitdruklike strategieë, net soos die erns van die oortreding. Oor die algemeen het hierdie studie getoon dat getroude en uitgaande paartjies wat 'n soortgelyke hoeveelheid oortredings beleef het, ná die vergifnis nie veel verskil het in hoe tevrede hulle met die verhouding was nie.
Mense in 'n verhouding glo dikwels dat vergifnis beteken dat albei partye moet vergeet wat gebeur het. Wanneer paartjies hulle eggenote vergewe, het hulle soms hulp van kundiges nodig om die oorblywende emosies te oorkom. Navorsers het die verskille beskryf in hoe elke individu die situasie ervaar, na gelang van wie die pyn ly en wie die pyn veroorsaak het.[96]
Die handeling en uitwerking van vergifnis kan na gelang van die verhouding verskil. Tussen getroude mense, vriende of kennisse is die proses van vergifnis soortgelyk, maar nie heeltemal dieselfde nie.[101]
Enright se model van vergifnis
[wysig | wysig bron]Enright se model van vergifnis beskryf vergifnis as 'n reis deur vier fases:[96]
- Blootleggingsfase
- Die persoon verken die pyn wat hy of sy ervaar het.
- Besluitfase
- Die aard van vergifnis word bespreek. Die persoon verbind hom of haar daartoe om te probeer om die oortreder te vergewe.
- Werkfase
- Die fokus verskuif na die oortreder om insig en begrip te kry.
- Verdiepingsfase
- Die slagoffer beweeg na 'n oplossing, besef dat hy of sy nie alleen is nie en self vergifnis van ander ontvang het, en vind betekenis en doel in die proses van vergifnis.
Die navorsers het ook aanbevelings vir praktisyns opgestel om getroude mense te help om met mekaar te kommunikeer, probleme op te los en mekaar makliker te vergewe. Mense moet ondersoek en verstaan wat vergifnis beteken, aangesien vooropgestelde idees oor vergifnis paartjies huiwerig kan maak om te vergewe.[96] 'n Konflik kan byvoorbeeld ontstaan as iemand sy of haar eggenoot nie vergewe nie uit vrees dat die eggenoot hom of haar as swak sal beskou.
Intervensies
[wysig | wysig bron]Sielkundige navorsers is dit eens dat die doel van vergifnisintervensies is om die algehele negatiewe affek wat met die aanvanklike waargenome onreg gepaard gaan, te verminder.[102][103] Die insluiting van vergifnis in terapie het gewild geword.[102] Die groei van vergifnis in die sielkunde het aanleiding gegee tot die studie van vergifnisintervensies.[102]
'n Meta-analise van groepgebaseerde vergifnisintervensies het ondersoek hoe goed hulle selfgerapporteerde vergifnis verhoog (of "onvergewensgesindheid" verminder). Dit het tot die gevolgtrekking gekom: "Die data blyk duidelik te praat: vergifnisintervensies is doeltreffend."[104]
Soorte
[wysig | wysig bron]Daar is verskillende vorme van vergifnisintervensies.[102] Een dwing pasiënte om die gedagtes wat hulle vergifnis in die weg staan, met introspektiewe tegnieke te konfronteer en hulle teenoor 'n terapeut uit te druk.[102][103] 'n Ander moedig die verontregte persoon aan om dinge uit die oortreder se oogpunt te sien en die oortreder se beweegredes te probeer verstaan.[102][103] Dit kan pasiënte in staat stel om oortreders makliker te vergewe.[102][103]
Navorsers het vergifnisintervensies in verhoudings bestudeer, en of gebed vergifnis verhoog. Een studie het bevind dat om vier weke lank elke dag vir 'n vriend te bid of positief oor daardie persoon te dink, die kans verhoog dat 'n mens daardie vriend of maat sal vergewe, wat tot 'n beter verhouding lei.[105]
Teenstrydige bewyse
[wysig | wysig bron]Daar is teenstrydige bewyse oor die doeltreffendheid van vergifnisintervensies. Sommige navorsers het 'n kritiese benadering tot vergifnisintervensies in terapie gevolg.[102]
Kritici voer aan dat vergifnisintervensies negatiewe affek kan verhoog omdat hulle die persoon se gevoelens teenoor die oortreder probeer onderdruk. Dit kan daartoe lei dat die persoon negatief oor homself of haarself voel. Die benadering impliseer dat die negatiewe emosies wat die persoon ervaar, onaanvaarbaar is en dat gevoelens van vergifnis korrek en aanvaarbaar is. Dit kan onbedoeld gevoelens van skaamte en berou by die verontregte persoon bevorder.[102]
Die sielkundige Wanda Malcolm sê "dit is nie 'n goeie idee om vergifnis 'n a priori-doelwit van terapie te maak nie".[19] Steven Stosny voer aan dat slagoffers eers moet genees en dan vergewe,[18] en dat die volle erkenning van die grief (om sowel te erken watter dade skadelik was as om die emosies te benoem wat die slagoffer daarop gevoel het) 'n noodsaaklike eerste stap is voordat vergifnis kan plaasvind.[106]
Sommige navorsers is bekommerd dat vergifnisintervensies ongesonde verhoudings bevorder, en dat individue in giftige verhoudings sal aanhou om diegene te vergewe wat hulle herhaaldelik verontreg, terwyl hulle hulself eintlik van daardie mense behoort te distansieer.[102][107]
Verskeie studies toon dat vergifnisintervensies baie doeltreffend is wanneer hulle oor 'n lang tydperk deurlopend toegepas word. Sommige navorsers het egter bevind dat hierdie intervensies oor kort tydperke ondoeltreffend is.[102]
Kinders
[wysig | wysig bron]Sommige studies het die doeltreffendheid van vergifnisintervensies by jong kinders ondersoek, onder meer verskeie kruiskulturele studies. Een het vergifnisintervensies by Chinese kinders ondersoek, wat minder geneig was om dié wat hulle verontreg het, te vergewe, en het bevind dat sulke intervensies 'n uitwerking op die kinders gehad het.[102]
Ouer volwassenes
[wysig | wysig bron]Ouer volwassenes wat vergifnisintervensies ontvang, meld hoër vlakke van vergifnis aan as dié wat geen behandeling ontvang het nie. Vergifnisbehandelings het tot minder depressie, stres en woede gelei as in toestande sonder behandeling. Vergifnisintervensies het ook positiewe sielkundige toestande versterk, soos aangedui deur faktore soos lewenstevredenheid, subjektiewe geluk en sielkundige welstand. Dit was die geval ongeag die bepaalde intervensiemodel of -formaat (in 'n groep of individueel).[108]
Geestesgesondheid
[wysig | wysig bron]Opnamedata uit 2000 het getoon dat 61% van die deelnemers wat aan 'n klein godsdienstige groep behoort het, gesê het dat die groep hulle gehelp het om meer vergewensgesind te wees. Mense wat gesê het dat hulle godsdienstige groepe vergifnis bevorder, was ook meer suksesvol daarin om verslawing, skuldgevoel en moedeloosheid te oorkom.[109]
Bewuste aandag (mindfulness) kan in die verband tussen vergifnis en gesondheidsuitkomste 'n bemiddelende rol speel. Die gunstige gesondheidseffekte van vergifnis hang af van die teenwoordigheid en beoefening van bewuste aandag.[110]
Selfvergifnis is 'n belangrike deel van selfaanvaarding en geestesgesondheid. 'n Gebrek aan selfvergifnis kan die geestesgesondheid nadelig raak. By bejaardes behels selfvergifnis dikwels introspeksie oor vorige oortredings om te verhoed dat dit weer gebeur. Wanneer mense suksesvol uit oortredings leer, kan hulle geestesgesondheid verbeter.[111]
Selfvergifnis kan gevoelens van skuld en skaamte wat met hiperseksuele gedrag gepaard gaan, verminder en individue help om negatiewe hiperseksuele gedrag te verminder.[112]
Selfvergifnis kan met uitstelgedrag verband hou. Selfvergifnis stel 'n persoon in staat om die negatiewe gevolge van vroeëre gedrag te oorkom en 'n proaktiewe benadering tot soortgelyke take te volg. Om jouself vir uitstel te vergewe, kan die selfbeeld en geestelike welstand verbeter en moontlik tot minder uitstelgedrag lei.[113]
Die selfhelpboek Forgiveness and Health: Scientific Evidence and Theories Relating Forgiveness to Better Health beskryf die voordele en die geestelike, liggaamlike en sielkundige gevolge van vergifnis. Stresverligting is moontlik die vernaamste faktor wat vergifnis en welstand verbind. Stresvlakke daal wanneer vergifnisvlakke styg, wat tot minder simptome van geestesongesteldheid lei.[114]
Vergifnis lig die las van woede of haat teenoor die oortreder van die vergewer af en kan tot 'n beter begrip van die oortreder lei. Dit verbeter die vergewer se gesondheid en lewensuitkyk.[115]
'n Meta-analise van verskeie gekontroleerde studies van vergifnisgerigte sielkundige intervensies het probeer vasstel of sekere klasse intervensies mense gehelp het om te vergewe, en ook of dit hulle emosionele gesondheid in die algemeen bevorder het.[116] Dit het sterk steun gevind vir vergifnisintervensies wat mense deur 'n meerstapproses van vergifnis gelei het, maar geen steun vir vergifnisintervensies wat bloot ontwerp is om mense te help besluit om te vergewe nie.
'n Ander meta-analise het ondersoek hoe vergifnisintervensies depressie, angs en hopeloosheid beïnvloed, en tot die gevolgtrekking gekom dat "intervensies wat ontwerp is om vergifnis te bevorder, deelnemers doeltreffender help om vergifnis en hoop te bereik en depressie en angs te verminder as geen behandeling of alternatiewe behandelings nie".[117]
Liggaamlike gesondheid
[wysig | wysig bron]'n Aantal studies het probeer om 'n korrelasie tussen vergifnis en liggaamlike gesondheid te vind. Sommige studies toon geen korrelasie nie, terwyl ander 'n positiewe korrelasie toon.[118]
Bewyse vir 'n korrelasie
[wysig | wysig bron]Mense met 'n vergewensgesinde persoonlikheid geniet geneigd beter liggaamlike gesondheid. 'n Studie oor verhoudings het aan die lig gebring dat die mate van vergifnis wat individue toon, 'n merkbare uitwerking op hulle liggaamlike welstand het, ongeag of hulle in positiewe of negatiewe verhoudings is.[119]
Mense wat besluit om iemand opreg te vergewe, het ook beter liggaamlike gesondheid. Dit is te danke aan die verband tussen vergifnis en stresvermindering.[120]
Mense wat kies om iemand te vergewe, het 'n laer bloeddruk en laer kortisolvlakke as dié wat dit nie doen nie. Daar word teoretiseer dat dit aan vergifnis toe te skryf is, en dit dui daarop dat vergifnis 'n eienskap is wat deur evolusie geselekteer is.[120] Vergifnis kan vyandigheid verminder (wat omgekeerd met liggaamlike gesondheid korreleer), en 'n gebrek aan vergifnis kan die immuunstelsel verswak omdat dit die individu onder stres plaas. Vergewensgesinde mense het moontlik meer sosiale steun en minder stresvolle huwelike, en vergifnis hou moontlik verband met ander persoonlikheidseienskappe wat met liggaamlike gesondheid korreleer.[120]
Vergifnis kan ook met liggaamlike gesondheid korreleer omdat vyandigheid met swak koronêre werking verband hou. Onvergewensgesindheid is 'n soort vyandigheid, en vergifnis is om vyandigheid te laat vaar. Hartpasiënte wat met 'n kombinasie van medisyne en terapie wat vergifnis insluit, behandel word, se hartgesondheid is beter as dié van pasiënte wat slegs met medisyne behandel word.[118]
Vergifnis kan ook lei tot 'n verbetering in hoe 'n individu sy of haar eie liggaamlike gesondheid ervaar. Hierdie korrelasie geld vir sowel selfvergifnis as die vergifnis van ander, maar veral vir selfvergifnis. Individue wat beter in staat is om hulleself te vergewe, ervaar hulle liggaamlike gesondheid as beter.[121]
Mense wat vergewe, kan gesonder harte, minder simptome van depressie en minder angs hê. Vergifnis kan die geestesgesondheid bevorder, veral by mense met geestesversteurings. Vergifnis kan ook die immuunstelsel verbeter.[122]
Kritiek
[wysig | wysig bron]Kritici het vergifnisstudies met die bewering weerlê dat daar geen direkte korrelasie tussen vergifnis en liggaamlike gesondheid is nie. Vergifnis dra, danksy die afname in gerigte woede, tot geestesgesondheid by, en geestesgesondheid dra tot liggaamlike gesondheid by, maar daar is geen bewys dat vergifnis self die liggaamlike gesondheid direk verbeter nie. Die meeste studies oor vergifnis kan dit nie as 'n onafhanklike veranderlike in 'n individu se welstand isoleer nie, en daarom is kousaliteit moeilik om te bewys.[123]
Navorsing oor die korrelasie tussen liggaamlike gesondheid en vergifnis is gekritiseer omdat dit te veel op onvergewensgesindheid fokus. Die navorsing toon meer wat vyandigheid en onvergewensgesindheid tot swak gesondheid bydra as wat vergifnis tot goeie gesondheid bydra.[123] Om nie te vergewe nie of wrok te koester, kan tot nadelige gesondheidsuitkomste bydra deurdat dit woede laat voortduur en die opwekking van die simpatiese senuweestelsel en die kardiovaskulêre reaktiwiteit verhoog. Die uiting van woede word sterk met chronies verhoogde bloeddruk en met die samekoeking van bloedplaatjies geassosieer, wat 'n mens vatbaarder vir hartsiektes kan maak.[124]
Selfvergifnis
[wysig | wysig bron]
Selfvergifnis vind plaas in situasies waarin iemand iets gedoen het wat hy of sy as moreel verkeerd beskou en waarvoor hy of sy hom- of haarself verantwoordelik hou. Selfvergifnis is die oorkoming van die negatiewe emosies wat die oortreder met die verkeerde daad assosieer, soos skuld, spyt, berou, blaam, skaamte, selfhaat of selfveragting.[125]
Ingrypende en traumatiese lewensgebeure kan veroorsaak dat individue skuld of selfhaat ervaar. Mense kan oor hulle gedrag besin om vas te stel of hulle dade moreel is. In traumatiese situasies kan mense hulleself vergewe deur hulleself toe te laat om te verander en 'n morele lewe te lei. Selfvergifnis kan in situasies nodig wees waarin die individu hom- of haarself of ander seergemaak het.[126] Selfvergifnis het 'n modererende uitwerking op die verband tussen depressie en selfmoordneigings. Dit dui daarop dat selfvergifnis (tot op 'n punt) teen selfmoord beskerm, en wys op moontlike voorkomingstrategieë.[127]
Terapeutiese model
[wysig | wysig bron]Mense kan mekaar onbedoeld seermaak of aanstoot gee. Dit is belangrik dat individue besef wanneer dit gebeur en hulleself vergewe terwyl hulle dit probeer regmaak.[128] Selfvergifnis kan die emosionele en geestelike welstand bevoordeel. Die vermoë om jouself vir vorige oortredings te vergewe, kan negatiewe emosies soos skaamte en skuld verminder en positiewe gewoontes soos selfgoedhartigheid en selfdeernis versterk.[129] Die proses van selfvergifnis kan egter verkeerd vertolk en daarom nie behoorlik voltooi word nie.[128] Dit kan tot sterker gevoelens van spyt of selfverwyt lei. Om dit te vermy en die positiewe voordele van opregte selfvergifnis te vergroot, kan 'n bepaalde terapeutiese model gebruik word om opregte selfvergifnis aan te moedig. Die voorgestelde model het vier kernelemente, naamlik verantwoordelikheid, berou, herstel en vernuwing:[129]
- Verantwoordelikheid is die eerste noodsaaklike stap na opregte selfvergifnis.[129] Om die negatiewe uitwerking van emosies soos oorweldigende skuld of spyt te vermy, moet oortreders eers besef dat hulle iemand anders seergemaak het, en verantwoordelikheid vir hulle dade aanvaar.[128][129]
- Sodra die persoon verantwoordelikheid aanvaar, is dit natuurlik dat hy of sy berou of skuld ervaar. Hierdie gevoelens kan egter verwerk en uitgedruk word.[129]
- Herstel stel die oortreder in staat om dit nodige goed te maak teenoor die persoon of persone wat hy of sy seergemaak het.
- Tydens vernuwing vergewe die oortreder hom- of haarself opreg vir sy of haar vorige oortredings en kan hy of sy positiewer en betekenisvoller gedrag soos selfdeernis en selfgoedhartigheid openbaar.[129]
Vergifnis sonder verskoning
[wysig | wysig bron]In sommige kontekste kan vergifnis iemand help om 'n oortreder te hanteer wat weier om om verskoning te vra of selfs sy oortredings te erken. Volgens Glen Pettigrove is "die verband tussen verskonings en die byvoeglike naamwoorde 'apologetic' en 'unapologetic' nie heeltemal so eenvoudig nie".[130] Die keuse om iemand te vergewe, hou verband met of daardie persoon werklik spyt is oor sy dade.[131] Om iemand te vergewe wat oënskynlik geen berou oor sy dade het nie, kan moeilik wees, maar dit kan die greep van daardie persoon op die slagoffer verslap. Indringende gedagtes kan veroorsaak dat die vergewer 'n lae gevoel van eiewaarde het en weens die oortreder se dade 'n traumatiese fase deurmaak.[132] Dit kan 'n mens baat om te laat gaan en te aanvaar wat gebeur het. Om te laat gaan, wis nie die besef uit van wat die oortreder gedoen het nie, maar vergifnis kan tot innerlike vrede lei. Ondanks die gebrek aan 'n verskoning van die oortreder kan vergifnis probleme oplos en die slagoffer se selfliefde verhoog.[131]
Jean Hampton beskou die besluit om die oortreder wat geen berou het nie, te vergewe as 'n uiting van 'n verbintenis "om 'n oortreder in 'n nuwe, gunstiger lig te sien", as iemand wat nie heeltemal sleg of moreel dood is nie.[130]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑
- Doka, Kenneth (2017). Grief is a journey. Atria Books. pp. 14-16. ISBN 978-1-4767-7151-9.
- Hieronymi, Pamela (Mei 2001). "Articulating an Uncompromising Forgiveness" (PDF). pp. 1-2. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Februarie 2021. Besoek op 18 Januarie 2020.
- North, Joanna (1998). Exploring Forgiveness. University of Wisconsin. pp. 20-21. ISBN 0-299-15774-1.
- 1 2 3 4 5 "American Psychological Association. Forgiveness: A Sampling of Research Results." (PDF). 2006. pp. 5-8. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 Junie 2011. Besoek op 7 Februarie 2009.
- ↑ "What Is Forgiveness?". University of California, Berkeley: The Greater Good Science Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2013.
- 1 2 Field, Courtney; Zander, Jaimie; Hall, Guy (September 2013). "'Forgiveness is a present to yourself as well': An intrapersonal model of forgiveness in victims of violent crime". International Review of Victimology (in Engels). 19 (3): 235-247. doi:10.1177/0269758013492752. ISSN 0269-7580. S2CID 145625500.
- ↑ Wade, Nathaniel (14 Augustus 2020). "Forgive and be free". Aeon.
- ↑ Lawler-Row, Kathleen A.; Scott, Cynthia A.; Raines, Rachel L.; Edlis-Matityahou, Meirav; Moore, Erin W. (1 Junie 2007). "The Varieties of Forgiveness Experience: Working toward a Comprehensive Definition of Forgiveness". Journal of Religion and Health. 46 (2): 233-248. doi:10.1007/s10943-006-9077-y. ISSN 1573-6571. S2CID 33474665.
- ↑ Rogers, Carl (1956). Client-Centered Therapy (3 uitg.). Boston: Houghton-Mifflin.
- ↑ Cordova, J.; Cautilli, J.; Simon, C.; Axelrod-Sabtig, R (2006). "Behavior Analysis of Forgiveness in Couples Therapy". IJBCT. 2 (2): 192.
- ↑ Enright, Robert (2001). Forgiveness Is a Choice. American Psychological Association. ISBN 1-55798-757-2.
- ↑ Maltby, J.; Wood, A.M.; Day, L.; Kon, T.W.H.; Colley, A.; Linley, P.A. (2008). "Personality predictors of levels of forgiveness two and a half years after the transgression" (PDF). Journal of Research in Personality. 42 (4): 1088-1094. doi:10.1016/j.jrp.2007.12.008. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Maart 2009.
- ↑ "Forgiving". A Campaign for Forgiveness Research. 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2006. Besoek op 19 Junie 2006.
- ↑ vanOyen-Witvilet, C.; Ludwig, T.E.; Vander Lann, K.L. (2001). "Granting Forgiveness or Harboring Grudges: Implications for Emotions, Physiology, and Health". Psychological Science. 12 (12): 117-23. doi:10.1111/1467-9280.00320. PMID 11340919. S2CID 473643.
- ↑ Sarinopoulos, S. (2000). "Forgiveness and Physical Health: A Doctoral Dissertation Summary". World of Forgiveness (2): 16-18.
- 1 2 3 4 Luskin, Fred (September 2003). Forgive for Good: A Proven Prescription for Health & Happiness. HarperOne. p. 7-8. ISBN 978-0-06-251721-0.
- ↑ Guillou, Benoît (2014). "Le pardon est-il durable? Une enquête au Rwanda" (in Frans). Parys. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2016.
- ↑ Worthington, Everett (25 Julie 2018). "Everett Worthington - Justice, Forgiveness, and Reconciliation: How Psychology Informs Theology". Youtube. GordonConwell. Besoek op 19 Desember 2019. (Geargiveer by Ghostarchive en die Wayback Machine)
- ↑
- Romm, Cari (11 Januarie 2017). "Rushing to Forgiveness is not a Binary State". The Cut. Besoek op 19 Desember 2019.
- Hughes, Paul M.; Warmke, Brandon (31 Mei 2017). "Stanford Encyclopedia of Philosophy". Emotion Accounts (of what forgiveness is). Besoek op 18 Januarie 2020.
- 1 2 Stosny, Steven (1 September 2013). Living & Loving after Betrayal. New Harbinger Publications. p. 227. ISBN 978-1-60882-752-7.
- 1 2 3 4 Malcolm, Wanda (19 Oktober 2007). Women's Reflections on the Complexities of Forgiveness. Routledge. pp. 275-291. ISBN 978-0-415-95505-8.
- ↑
- Enright, Robert (10 Augustus 2017). "Two Weaknesses of Forgiving: it victimizes and it stops justice". Psychology Today. Besoek op 19 Desember 2019.
- Marsh, Jason (29 Julie 2015). "Is Vengeance Better For Victims, than Forgiveness?". Greater Good. Besoek op 19 Desember 2019.
- ↑
- Luskin, Fred; Seago, Laura. "Forgiveness is not what you think it is". Curable Health (Onderhoud). Onderhoud met Laura Seago. Besoek op 19 Desember 2019.
- North, Joanna (1998). Exploring Forgiveness. University of Wisconsin. p. 17. ISBN 0-299-15774-1.
- 1 2 Zaibert, Loe (2009). "The Paradox of Forgiveness" (PDF). Journal of Moral Philosophy. 6 (3): 365-393. doi:10.1163/174552409X433436. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Oktober 2021. Besoek op 19 Desember 2019.
- ↑
- Seltzer, Leon F. (20 Februarie 2015). "Fake vs. True Forgiveness". Psychology Today. Besoek op 19 Desember 2019.
- Worthington, Everett (1 Februarie 2001). "Forgiveness is an emotion-focused coping strategy that can reduce health risks and promote health resilience" (PDF). Psychology & Health. 19 (3): 385-405. doi:10.1080/0887044042000196674. S2CID 10052021. Besoek op 19 Desember 2019.
- ↑ Worthington, Everett L.; Kurusu, Taro A.; Collins, Wanda; Berry, Jack W.; Ripley, Jennifer S.; Baier, Sasha N. (2000). "Forgiving Usually Takes Time: A Lesson Learned by Studying Interventions to Promote Forgiveness". Journal of Psychology and Theology. 28 (1). SAGE Publications: 3-20. doi:10.1177/009164710002800101. ISSN 0091-6471. S2CID 146762070.
- ↑ Bedrick, David (25 September 2014). "6 reasons not to forgive, not yet". Psychology Today. Besoek op 18 Januarie 2020.
- ↑ Newberry, Paul A. (April 2001). "Joseph Butler on Forgiveness: A Presupposed Theory of Emotion". Journal of the History of Ideas. 62 (2): 233-244. doi:10.2307/3654356. JSTOR 3654356.
- ↑ Strawson, P. F. (9 Mei 1962). "Freedom and Resentment" (PDF) (Filosofiese lesing). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Januarie 2024. Besoek op 18 Mei 2024.
- ↑ Escher, Daniel (2013). "How Does Religion Promote Forgiveness? Linking Beliefs, Orientations, and Practices". Journal for the Scientific Study of Religion. 52 (1): 100-119. doi:10.1111/jssr.12012. ISSN 0021-8294. JSTOR 23353893.
- 1 2 3 4 5 "Yom Kippur". Judaism 101. 2006. Besoek op 26 April 2006.
- ↑ Shulchan Aruch OC 606:1
- ↑ Sacks, Jonathan (7 Januarie 2006). "The force of forgiveness" (PDF). Covenant and Conversation. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Maart 2009. Besoek op 7 Februarie 2009.
- ↑ "Catechism of the Catholic Church 1864". www.vatican.va. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2003. Besoek op 5 Maart 2023.
- ↑ Valea, Ernest (2006). "The Parable of the Prodigal Son in Christianity and Buddhism". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2009. Besoek op 3 Februarie 2009.
- ↑ Arendt, Hannah (1958). "Irreversibility and the Power to Forgive". The Human Condition.
- ↑ "Catechism of the Catholic Church 2447". www.vatican.va. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2021. Besoek op 5 Maart 2023.
- ↑ Catechism of the Catholic Church 976
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1492
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1453
- ↑ USCCB Bible, Luke 15:21-24
- ↑ Roman Catechism, "Confidence in God's Mercy"
- ↑ Roman Catechism, "The Sentence of the Just"
- ↑ Catechism of the Catholic Church, 1033 Geargiveer 9 Junie 2012 op Wayback Machine
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1037
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1421
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1263
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1393
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1452
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1434
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1032
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1471
- ↑ McNamara, Father Edward (15 Oktober 2013). "A Zenit Daily Dispatch: Indulgences at the Point of Death". EWTN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2018. Besoek op 19 Maart 2022.
- ↑ Mullady, Brian (31 Oktober 2012). "Repetition of Apostolic Blessing with Plenary Indulgence?". Homiletic & Pastoral Review. Ignatius Press. ISSN 0018-4268.
- ↑ Catechism of the Catholic Church 491
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1395
- ↑ Catechism of the Catholic Church 1999
- ↑ Benedict XVI (15 September 2012). "Address of His Holiness Pope Benedict XVI" (Toespraak in die 25 Mei-saal van die Baabda-presidentspaleis). Holy See. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2014. Besoek op 23 Desember 2015.
- ↑ Watkins, Devin (24 April 2019). "Pope at Audience: 'We are forgiven as we forgive others'". Vatican News.
- 1 2
- Abu-Nimer; Nasser (2013). "Forgiveness in The Arab and Islamic Contexts". Journal of Religious Ethics. 41 (3): 474-494. doi:10.1111/jore.12025.
- Koran 5:95
- 1 2 3 4 Leaman, Oliver (2005). The Qur'an: An Encyclopedia. Routledge. pp. 213-216. ISBN 978-0-415-32639-1.
- ↑
- Mohammad Hassan Khalil (2012). Islam and the Fate of Others: The Salvation Question. Oxford University Press. pp. 65-94. ISBN 978-0-19-979666-3.
- Koran 42:40
- ↑ Shah, S.S. (1996). "Mercy Killing in Islam: Moral and Legal Issues". Arab Law Quarterly. 11 (2): 105-115. doi:10.2307/3381592. JSTOR 3381592.
- 1 2 3 4 Amanullah, M. (2004). "Just Retribution (Qisas) Versus Forgiveness ('Afw)". Islam: Past, Present and Future. pp. 871-883. International Seminar on Islamic Thoughts Proceedings, December 2004, Department of Theology and Philosophy, Faculty of Islamic Studies Universiti Kebangsaan Malaysia
- ↑
- Gottesman, E. (1991). "Reemergence of Qisas and Diyat in Pakistan". Columbia Human Rights Law Review. 23: 433-439.
- Tsang, J.A.; McCullough, M.E.; Hoyt, W.T. (2005). "Psychometric and Rationalization Accounts of the Religion-Forgiveness Discrepancy". Journal of Social Issues. 61 (4): 785-805. doi:10.1111/j.1540-4560.2005.00432.x.
- ↑ Athamina, Khalil (1992). "Al-Qisas: its emergence, religious origin and its socio-political impact on early Muslim society". Studia Islamica (76): 53-74. doi:10.2307/1595660. JSTOR 1595660.
- 1 2 Brown, Donna Lynn (Julie 2023). "Forgiveness American-Style: Origins and Status of Forgiveness in North American Buddhism". Contemporary Buddhism (in Engels). 23 (1-2): 18-66. doi:10.1080/14639947.2023.2269334. ISSN 1463-9947.
- ↑ Chen Yu-Hsi (2006). "Introduction to Buddhism Series". Psychjourney. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2006. Besoek op 19 Junie 2006.
- ↑ Ajahn Sumedho (Oktober 1997). "Universal Loving Kindness". Forest Sangha (42). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2008. Besoek op 7 Februarie 2009.
- ↑ O'Leary, Joseph S. (2006). "Buddhism and Forgiveness". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2008. Besoek op 7 Februarie 2009.
- ↑ Ajahn Pasanno (2004). "Preparing for Death". Abhayagiri Buddhist Monastery. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2006. Besoek op 19 Junie 2006.
- ↑ "Yamakavagga: Pairs". Access to Insight. Vertaal deur Thanissaro Bikkhu. 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2009.
- ↑
- Agarwal, R. (2013). "Water Festivals of Thailand: The Indian Connection". Journal of Social Sciences, Humanities, and Arts. Silpakorn University: 7-18. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2013.
- "Vaishnava Rites". Encyclopædia Britannica. 2009. Sacred times and festivals. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2013.
- ↑ "Bali's day of silence". Bali & Indonesia on the Net. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2009.
- ↑ "Forgiveness". English-Sanskrit Dictionary, Spoken Sanskrit. Duitsland. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2013.
- 1 2 3 4 5 McCullough, Michael E.; Pargament, Kenneth I.; Thoresen, Carl E. (2001). Forgiveness: Theory, Research, and Practice. The Guildford Press. pp. 21-39. ISBN 978-1-57230-711-7.
- ↑
- The Hymns of RugVeda. Vertaal deur Griffith, Ralph. Motilal Banarsidas. 1973.
- Hunter, Alan (2007). "Forgiveness: Hindu and Western Perspectives". Journal of Hindu-Christian Studies. 20 (1): 11. doi:10.7825/2164-6279.1386.
- ↑ Ransley, Cynthia (2004). Forgiveness: Themes and issues. Forgiveness and the healing process: A central therapeutic concern. Brunner-Routledge. pp. 10-32. ISBN 1-58391-182-0.
- ↑ Sien Manusamhita, 11.55, Mahabharata Vol. II, 1022:8
- ↑ Mohapatra, Prafulla (2008). Ethics and Society. Concept Publishing. pp. 22-25. ISBN 978-81-8069-523-0.
- ↑ Temoshok, Lydia R.; Chandra, Prabha S. (28 Augustus 2001). "The Meaning of Forgiveness in a Specific Situational and Cultural Context". In McCullough, Michael E.; Pargament, Kenneth I.; Thoresen, Carl E. (reds.). Forgiveness: Theory, Research, and Practice. The Guildford Press. ISBN 978-1-57230-711-7.
- ↑
- Radhakrishnan, Sarvepalli (1995). Religion and Society. Indus: Harper Collins India.
- Sinha, Jadunath (1985). Indian psychology. Vol. 2 (Emotion and Will). Nieu-Delhi: Motilal Banarsidas.
- ↑ Krishna-Dwaipayana Vyasa (1896). "Vana Parva". Mahabharata. Vol. I. Vertaal deur Kisari Mohan Ganguli. Section XXIX. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2013.
- ↑ "Udyoga Parva, chapter XXXIII". Mahabharata. Vertaal deur Sri Kisari Mohan Ganguli. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2013.
- ↑ "Ashtavakra Gita, Chapter 1, Verse 2". Osho – Transform Yourself Through the Science of Meditation. Vertaal deur OSHO. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013.
- Oorspronklik: मुक्तिं इच्छसि चेत्तात विषयान् विषवत्त्यज । क्षमार्जवदयातोषसत्यं पीयूषवद् भज || 2 ||
- Die Ashtavakra Gita het meer as tien vertalings wat elkeen verskil; bogenoemde is die weergawe waaroor die meeste eenstemmigheid bestaan.
- ↑ Mukerjee, Radhakamal (1971). Aṣṭāvakragītā (the Song of the Self Supreme): The Classical Text of Ātmādvaita by Aṣṭāvakra. Motilal Banarsidass Publ. ISBN 978-81-208-1367-0.
- ↑ Varni, Jinendra (1993). Tukol, T.K.; Dixit, K.K. (reds.). Translated Justice. Nieu-Delhi: Bhagwan Mahavir memorial Samiti. verse 84. Samaṇ Suttaṁ, red. prof. Sagarmal Jain.
- ↑ Jaini, Padmanabh (2000). Collected Papers on Jaina Studies. Delhi: Motilal Banarsidass Publ. p. 285. ISBN 978-81-208-1691-6.
- ↑ Chapple, Christopher Key (2006). Jainism and Ecology: Nonviolence in the Web of Life. Delhi: Motilal Banarsidass Publishers. p. 46. ISBN 978-81-208-2045-6.
- ↑ Hastings, James (2003). Encyclopedia of Religion and Ethics. Vol. 10. Kessinger Publishing. p. 876. ISBN 978-0-7661-3682-3.
- ↑ Concept of Pratikramana. Vertaal deur Shah, Nagin J.; Sen, Madhu. Ahmedabad: Gujarat Vidyapith. 1993. pp. 25-26.
- ↑ Müller, F. Max, red. (2001) [1895]. The Uttarādhyayana Sūtra. Sacred Books of the East vol.45, Part 2 (in Engels). Vertaal deur Jacobi, Hermann. Oxford: The Clarendon Press. ISBN 978-0-7007-1538-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2009. Die ISBN verwys na die herdruk deur Routledge (2001) in die Verenigde Koninkryk. Die URL is die geskandeerde weergawe van die oorspronklike herdruk van 1895.
- ↑ Jacobi, Hermann (2001) [1884]. Müller, F. Max (red.). The Kalpa Sūtra. Sacred Books of the East (in Engels). Vol. 22, Part 1. Oxford: The Clarendon Press. ISBN 978-0-7007-1538-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2007. Die ISBN verwys na die herdruk deur Routledge (2001) in die Verenigde Koninkryk. Die URL is die geskandeerde weergawe van die oorspronklike herdruk van 1884.
- ↑ Gorsuch, R. L.; Hao, J. Y. (1993). "Forgiveness: An exploratory factor analysis and its relationship to religious variables". Review of Religious Research. 34 (4): 351-363. doi:10.2307/3511971. JSTOR 3511971. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2009 – via Questia.
- ↑ "About Breaking the Cycle, A project of the Bruderhof". www.breakingthecycle.com. Besoek op 18 Januarie 2020.
- ↑
- Fraser, Giles (8 Februarie 2013). "The key to forgiveness is the refusal to seek revenge". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2014. Besoek op 21 Februarie 2013.
- "Beyond Right & Wrong: Stories of Justice and Forgiveness". Forgiveness Project. 1 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2013. Besoek op 22 Februarie 2013.
- ↑ Fincham, Frank D.; Hall, Julie; Beach, Steven R.H. (Oktober 2006). "Forgiveness in Marriage: Current Status and Future Directions". Family Relations (in Engels). 55 (4): 415-427. doi:10.1111/j.1741-3729.2005.callf.x-i1. ISSN 0197-6664.
- 1 2 3 4 5 6 Fincham, F.; Hall, J.; Beach, S. (2006). "Forgiveness In Marriage: Current Status And Future Directions". Family Relations. 55 (4): 415-427. doi:10.1111/j.1741-3729.2005.callf.x-i1.
- 1 2 Sheldon, Pavica; Antony, Mary Grace (2019). "Forgive and Forget: A Typology of Transgressions and Forgiveness Strategies in Married and Dating Relationships". Western Journal of Communication. 83 (2): 232-251. doi:10.1080/10570314.2018.1504981.
- ↑ Merolla, Andy J. (2008). "Communicating forgiveness in friendships and dating relationships". Communication Studies. 2 (59): 114-131. doi:10.1080/10510970802062428.
- ↑ Kelley, Douglas L.; Waldron, Vincent R. (2005). "An Investigation of Forgiveness-seeking Communication and Relational Outcomes". Communication Quarterly. 3 (53): 339-358. doi:10.1080/01463370500101097.
- ↑ Sheldon, Pavica; Gilchrist-Petty, Eletra; Lessley, James Adam (2014). "The Relationship Between Forgiveness Tendency, Communication of Forgiveness, and Relationship Satisfaction in Married and Dating Relationships". Communication Reports. 27 (2): 78-90. doi:10.1080/08934215.2014.902486.
- ↑ Fow, Neil Robert (1996). "The Phenomenology of Forgiveness and Reconciliation". Journal of Phenomenological Psychology. 27 (2): 219-233. doi:10.1163/156916296X00113.
- 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Wade, Nathaniel G.; Johnson, Chad V.; Meyer, Julia E. (2008). "Understanding concerns about interventions to promote forgiveness: A review of the literature". Psychotherapy: Theory, Research, Practice, Training. 45 (1): 88-102. doi:10.1037/0033-3204.45.1.88. PMID 22122367.
- 1 2 3 4 Wade, Nathaniel G.; Bailey, Donna C.; Shaffer, Philip (2005). "Helping Clients Heal: Does Forgiveness Make a Difference?". Professional Psychology: Research and Practice. 36 (6): 634-641. doi:10.1037/0735-7028.36.6.634.
- ↑ Wade, Nathanie; Worthington, Everett; Meyer, Julia (2005). "But Do They Work? A Meta-Analysis of Group Interventions to Promote Forgiveness". Handbook of Forgiveness.
- ↑
- Lambert, Nathaniel (2010). "Motivating Change in Relationships: Can Prayer Increase Forgiveness?". Psychological Science. 21 (1). Los Angeles, Calif.: SAGE Publications: 126-132. doi:10.1177/0956797609355634. JSTOR 41062174. PMID 20424033. S2CID 20228955.
- Beach, S.R.H.; Fincham, F.D.; Hurt, T.; McNair, L.M.; Stanley, S.M. (2008). "Prayer and marital intervention: A conceptual framework". Journal of Social and Clinical Psychology. 27 (7): 641-669. doi:10.1521/jscp.2008.27.7.641. PMC 2802219. PMID 20054450.
- ↑ Luskin, Fred (21 Januarie 2013). Forgive For Good. HarperOne. ISBN 978-0-06-251721-0.
- ↑ Stover, C.S. (1 April 2005). "Domestic Violence Research: What Have We Learned and Where Do We Go From Here?". Journal of Interpersonal Violence. 20 (4): 448-454. doi:10.1177/0886260504267755. PMID 15722500. S2CID 22219265.
- ↑ López, Javier; Serrano, Maria Inés; Giménez, Isabel; Noriega, Cristina (Januarie 2021). "Forgiveness Interventions for Older Adults: A Review". Journal of Clinical Medicine (in Engels). 10 (9): 1866. doi:10.3390/jcm10091866. ISSN 2077-0383. PMC 8123510. PMID 33925790.
- ↑ Wuthnow, Robert (2000). "How Religious Groups Promote Forgiving: A National Study". Journal for the Scientific Study of Religion. 39 (2): 125-139. doi:10.1111/0021-8294.00011.
- ↑ Webb, Jon R.; Phillips, T. Dustin; Bumgarner, David; Conway-Williams, Elizabeth (22 Junie 2012). "Forgiveness, Mindfulness, and Health". Mindfulness. 4 (3): 235-245. doi:10.1007/s12671-012-0119-0. ISSN 1868-8527. S2CID 144214249.
- ↑ Ingersoll-Dayton, Berit; Krause, Neal (1 Mei 2005). "Self-Forgiveness A Component of Mental Health in Later Life". Research on Aging. 27 (3): 267-289. doi:10.1177/0164027504274122. ISSN 0164-0275. S2CID 210225071.
- ↑ Hook, Joshua N.; Farrell, Jennifer E.; Davis, Don E.; Tongeren, Daryl R. Van; Griffin, Brandon J.; Grubbs, Joshua; Penberthy, J. Kim; Bedics, Jamie D. (2 Januarie 2015). "Self-Forgiveness and Hypersexual Behavior". Sexual Addiction & Compulsivity. 22 (1): 59-70. doi:10.1080/10720162.2014.1001542. ISSN 1072-0162. S2CID 145006916.
- ↑ Wohl, Michael J. A.; Pychyl, Timothy A.; Bennett, Shannon H. (2010). "I forgive myself, now I can study: How self-forgiveness for procrastinating can reduce future procrastination". Personality and Individual Differences. 48 (7): 803-808. doi:10.1016/j.paid.2010.01.029.
- ↑ Weir, Kirsten (Januarie 2017). "Forgiveness can improve mental and physical health". APA CE Corner.
- ↑ Raj, Paul; Elizabeth, C.S.; Padmakumari, P. (31 Desember 2016). Walla, Peter (red.). "Mental health through forgiveness: Exploring the roots and benefits". Cogent Psychology (in Engels). 3 (1) 1153817. doi:10.1080/23311908.2016.1153817. ISSN 2331-1908. S2CID 73654630.
- ↑ Baskin, Thomas W.; Enright, Robert D. (2004). "Intervention Studies on Forgiveness: A Meta-Analysis" (PDF). Journal of Counseling & Development. 82: 79-90. doi:10.1002/j.1556-6678.2004.tb00288.x.
- ↑ Wade, Nathaniel; Hoyt, William; Kidwell, Julia; Worthington, Everett (2013). "Efficacy of Psychotherapeutic Interventions to Promote Forgiveness: A Meta-Analysis". Journal of Consulting and Clinical Psychology. 82 (1): 154-170. doi:10.1037/a0035268. PMID 24364794.
- 1 2 McCullough, Michael; Vanoyen, Charlotte (2002). "The Psychology of Forgiveness". Handbook of Positive Psychology.
- ↑ Berry, Jack W.; Everett, L. Jr. Worthington (2001). "Forgivingness, Relationship Quality, Stress While Imagining Relationship Events, and Physical and Mental Health". Journal of Counseling Psychology. 48 (4): 447-55. doi:10.1037/0022-0167.48.4.447.
- 1 2 3 Worthington, Everett L.; Scherer, Michael (2004). "Forgiveness Is an Emotion-focused Coping Strategy That Can Reduce Health Risks and Promote Health Resilience: Theory, Review, and Hypotheses". Psychology & Health. 19 (3): 385-405. doi:10.1080/0887044042000196674. S2CID 10052021.
- ↑ Wilson, T.; Milosevic, A.; Carroll, M.; Hart, K.; Hibbard, S. (2008). "Physical Health Status in Relation to Self-Forgiveness and Other-Forgiveness in Healthy College Students". Journal of Health Psychology. 13 (6): 798-803. doi:10.1177/1359105308093863. PMID 18697892. S2CID 24569507.
- ↑ Mayo Clinic Staff (13 November 2020). "Forgiveness; Letting go of grudges and bitterness". Mayo Clinic. Besoek op 10 April 2021.
- 1 2 McCullough, Michael E.; Pargament, Kenneth I.; Thoresen, Carl E. (2000). Forgiveness: Theory, Research, and Practice. New York: Guilford Press.
- ↑ vanOyen-Witvliet, Charlotte; Ludwig, Thomas E.; Vander Laan, Kelly L. (2001). "Granting Forgiveness or Harboring Grudges: Implications for Emotion, Physiology, and Health". Psychological Science. 12 (2): 117-123. doi:10.1111/1467-9280.00320. ISSN 0956-7976. JSTOR 40063597. PMID 11340919. S2CID 473643.
- ↑ Gamlund, Espen (2014). "Ethical aspects of self-forgiveness". Sats. 15 (2). doi:10.1515/sats-2014-0006. S2CID 147396952. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2015. Besoek op 11 Augustus 2015.
- ↑ Szablowinski, Zenon (2011). "Self-forgiveness and forgiveness". The Heythrop Journal. 53 (4): 678-689. doi:10.1111/j.1468-2265.2010.00611.x.
- ↑ Jung, Minjee; Park, Yeonsoo; Baik, Seung Yeon; Kim, Cho Long; Kim, Hyang Sook; Lee, Seung-Hwan (Februarie 2019). "Self-Forgiveness Moderates the Effects of Depression on Suicidality". Psychiatry Investigation. 16 (2): 121-129. doi:10.30773/pi.2018.11.12.1. ISSN 1738-3684. PMC 6393745. PMID 30808118.
- 1 2 3 Fisher, M.L.; Exline, J.J. (2010). "Moving toward self-forgiveness: Removing barriers related to shame, guilt, and regret". Social and Personality Psychology Compass. 4 (8): 548-558. doi:10.1111/j.1751-9004.2010.00276.x.
- 1 2 3 4 5 6
- Cornish, Marilyn A.; Wade, Nathaniel G. (2015). "A therapeutic model of self-forgiveness with intervention strategies for counselors". Journal of Counseling & Development. 93 (1): 96-104. doi:10.1002/j.1556-6676.2015.00185.x.
- Wade, Nathaniel; Cornish, Marilyn (29 Maart 2023). "How to forgive yourself". Psyche. Aeon Media Group Ltd.
- 1 2 Pettigrove, Glen (2012). Forgiveness and love. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-165485-5. OCLC 810531587.
- 1 2 Pettigrove, Glen (Julie 2004). "Unapologetic Forgiveness". American Philosophical Quarterly. 41 (3): 187-204. JSTOR 20010156.
- ↑ "Forgiveness: Letting go of grudges and bitterness". Mayo Clinic. Mayo Clinic Staff. 22 November 2022.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- Cecrle, Randall J. (2007). Balancing the Scales of Justice with Forgiveness and Repentance. DREC Enterprises. ISBN 978-1-60266-041-0.
- Forward, Susan (1990). Toxic Parents: Overcoming Their Hurtful Legacy and Reclaiming Your Life.
- Griswold, Charles (2007). Forgiveness: a Philosophical Exploration. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-70351-2.
- Konstan, David (2010). Before Forgiveness: The Origins of a Moral Idea. Cambridge/New York: Cambridge University Press.
- Kramer, Joel; Alstad, Diana (1993). The Guru Papers: Masks of Authoritarian Power. Frog Books. ISBN 1-883319-00-5.
- Lampert, Khen (2005). Traditions of Compassion: From Religious Duty to Social Activism. Palgrave Macmillan. ISBN 1-4039-8527-8.
- Lomax, Eric. The Railway Man: A POW's Searing Account of War, Brutality, and Forgiveness.
- Luskin, Fred (2002). Forgive for Good: A Proven Prescription for Health and Happiness. Harper.
- Marcus, G. (2011). The Power of Forgiveness. Sapients.Net.
- Murphy, J.; Hampton, J. (1988). Forgiveness and Mercy. Cambridge University Press.
- Norlock, K. (2009). Forgiveness from a Feminist Perspective. Lexington Books.
- Pettigrove, G. (2012). Forgiveness and Love. Oxford University Press.
- Safer, Jeanne (2000). Forgiving and Not Forgiving: Why Sometimes It's Better Not to Forgive. HarperPerennial. ISBN 0-380-79471-3.
- Schmidt, Doug (2003). The Prayer of Revenge: Forgiveness in the Face of Injustice. David C Cook. ISBN 0-7814-3942-6.
- Tipping, Colin C. (1997). Radical Forgiveness: Making Room for the Miracle. Quest Publishing & Distribution. ISBN 0-9704814-1-1.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Forgiveness. |
- Hughes, Paul; Warmke, Brandon. "Forgiveness". Stanford Encyclopedia of Philosophy.